Nou hierdie is die tipe troue wat elke fotograaf wil hê. Met so ‘n aantreklike paartjie kan mens nie anders as om stunning foto’s te neem nie![]()
John & Loraine se dag het begin met reën, reën en nog reën. Maar nie een van die twee was gepla daaroor nie. Loraine wou net hê die dag moes begin – sy kon nie wag om by die kapel (en John) uit te kom nie.
En so waar as vet – teen die tyd wat sy die kapel by Die Akker inloop, was die reën weg. Dit moes haar glimlag gewees het wat die wolke weg gejaag het!!!
Julle was great gewees – en fantastiese modelle! Dankie dat julle enigiets probeer het waarvoor ons gevra het. Dit was die moeite werd!
Hoop julle geniet die foto’s, en gaan kyk na die ander op FACEBOOK (www.facebook.com/openimage) ook!
Gerrie



















